Not Logged in
SARL News Bulletin Archive



Home

Bulletin by e-mail
Bulletin Archive


SUID-AFRIKAANSE RADIOLIGA NUUS SONDAG 24 APRIL 2016

Goeiemôre en welkom by die weeklikse nuusuitsending van die Suid-Afrikaanse Radioliga, gelees deur ________________________ (jou naam, roepsein en QTH)

Die Suid-Afrikaanse Radioliga saai elke Sondag om 08:15 Sentraal Afrika Tyd in Afrikaans en om 08:30 Sentraal Afrika Tyd in Engels landswyd 'n nuusbulletin uit op HF sowel as op verskeie BHF- en UHF-herhalers. Vir Echolink - luisteraars is daar 'n herleiding deur Johan, ZS6JPL. 'n Potgooi is ook beskikbaar op die Liga se webblad.

Hierdie oudio bulletin kan van die Liga se webblad by www.sarl.org.za afgelaai word. 'n Teks weergawe van hierdie en vorige bulletins kan ook daar verkry word en jy kan ook inteken om nuwe bulletins per e-pos te ontvang.

Dit is met leedwese dat ons die afsterwe van drie radioamateurs vanoggend moet aankondig

Die sleutel van Neels du Plessis, ZS2ND het stil geword op 15 April 2016 net nadat hy sy 66ste verjaardag op 10 April gevier het. Neels het in Gamtoos gebly en was 'n ywerige visserman en voëlkyker. Hy word oorleef deur sy vrou, Susan.

Die sleutel van Mike van Niekerk, ZS6BPO, het ook stil geword op 15 April 2016. Hy was 'n stigterslid van die Wolkberg tak in Pietersburg en is bekroon met die Jack Twine merietetoekenning. Ons dink aan sy vrou en kinders.

Die sleutel van Johan "Mossie" Mostert, ZS4XJ, het ook stil geword. Mossie was 'n bekende gelykgolf operateur en 'n gereelde rubriek vir Radio ZS bygedra. Ons kom ongelukkig nie bepaal wanneer Mossie oorlede is nie.

Ons betuig ons innige meegevoel aan die familie en vriende van hierdie radioamateurs

POUSE

In die nuus vandag,

ZS4 NAELLOOP OP DIE LUG VANMIDDAG

SARL AJV OP SATERDAY 21 MEI

en

BHF DX WAG OP ONS

Bly ingeskakel vir meer inligting oor hierdie en ander interessante nuus items.

** Die ZS4 Naelloop is vanmiddag op die lug tussen 14:00 en 15:00 UTC. Die foon en gelykgolf kompetisie is 'n prettige aktiwiteit om kontak tussen radioamateurs in die Vrystaat en radioamateurs in Suider-Afrikaanse lande te bevorder. Die uitruiling is 'n RS(T) verslag en provinsie of land afkorting, ZS4-stasies sal 'n RS(T) verslag en hul dorp se naam of afkorting stuur. Gelykgolf werking vind plaas tussen 7 000 en 7 040 kHz, terwyl foon aktiwiteit tussen 7 063 en 7 100 en 7 130 en 7 200 kHz plaasvind. Kontakte met ZS4-stasies tel 2 punte en kontakte met ander stasies tel 1 punt. Kontakte met ZS4BFN, ZS4B, ZS4WRC, en ZS4SRK is 5 punte werd en slegs een kontak per stasie is toegelaat. Logstate moet teen 1 Mei 2016 ingedien word per e-pos aan zs4srk@gmail.com. Sien die 2016 Blouboek vir al die besonderhede.

** Kennis geskied hiermee aan alle lede van die Suid-Afrikaanse Radioliga dat die algemene jaarvergadering om 09:00 op Saterdag 21 Mei 2016 gehou sal word by die Be My Guest Lodge in Sasolburg. Registrasies vir die algemene jaarvergadering sal om 07:30 begin. Die registrasievorm en Agenda, tesame met alle stawende dokumentasie is gepubliseer in die lede-alleen deel van die Liga se webtuiste by www.sarl.org.za.

In terme van die grondwet, is 'n lid wat nie in staat is om persoonlik 'n algemene jaarvergadering by te woon nie, daarop geregtig is om 'n lid van die Liga, stemgeregtig aan te stel om die algemene jaarvergadering by te woon en te stem namens hom of haar. Enige stem so gemaak is bindend asof deur die lid self gestem. Die bepalings van Reël 1.8 is van toepassing op enige persoon wat as 'n gevolmagtigde optree. 'n Volmagvorm word ingesluit met al die ondersteunende dokumentasie op die bogenoemde webwerf.

Indien u enige ander navrae het, kontak die SARL Sekretaris by secretary@sarl.org.za.

** Die Internasionale Amateur Radio Unie het aangekondig dat Hans Blondeel Timmerman, PB2T, is aangestel as die IARU Satelliet adviseur. Hy neem oor by Hans van de Groenendaal, ZS6AKV, wat gedien het as Satelliet adviseur sedert 1994 en aan wie die IARU baie dankbaar is vir sy uitstekende werk. Hans, PB2T, is ook aangewys as die CEPT koördineerder vir WRC-19 Agenda punt 1.1, wat 'n formele 50 MHz amateur toekenning in Streek 1 sal oorweeg.

** Radio Amateur Eksamen nuus. Die eksamen nommers is geskep vir die RAE studente en is gepubliseer op die Liga se webblad. Studente is per e-pos in kennis gestel van hulle eksamen nommers en die Hoof Toesighouers het elkeen 'n lys ontvang van die studente wat die RAE by hulle eksamensentrums gaan skryf.

RAE studente word alles van die beste toegewens met hulle voorbereiding vir die eksamen. Navrae kan gerig word aan rae@sarl.org.za

** BHF DX wag vir ons, sê Mike, ZS2FM. Die begin van die minimum sonsiklus beteken nie die einde van DX op BHF nie, so moenie jou toerusting wegpak nie. Daar is 'n aantal buurlande of eilande rondom ons Suid-Afrikaanse grense wat op BHF gewerk kan word tydens minimum son siklusse, asook wêreldwyd DX via EME en Europa via TEP. Die buurlande is Namibië het gereeld gewerk word op 50 en 144 MHz via Tropo, Zimbabwe, Burundi, Marion-eiland en Namibië is aangemeld op 50 MHz via Sporadiese-E en kontakte is ook bevestig op 50 MHz Meteor Strooi met Europa-eiland, Comore-eiland, Mosambiek, Namibië en Marion-eiland. Laasgenoemde eiland is 'n paar keer gewerk via 50 MHz Tropo. Reunion-eiland bied baie twee rigting kontakte oor die jare op 144 MHz analoog ESB en FM, insluitend digitale JT65 op beide 144 en 432 MHz tydens fantastiese openinge via Tropo.

Aan ons weskus het ons drie eilande, Tristan da Cunha, Ascension en St Helena eilande waar 'n baie gretige radio amateur Bruce Salt, ZD7VC, woon. Hy is op die oomblik besig met die verkryging van draagbare toerusting vir 144 MHz om Suid-Afrika en Namibië te werk vanaf 'n hoë plek op die eiland, wat ongeveer 3 000 km vanaf Kaapstad geleë is. Daarom moet jy begin bou aan 'n hoë wins horisontale Yagi vir 144 MHz en met 100 Watts gaan jy nie 'n probleem hê om ZD7VC op ESB of selfs FM tydens die gereelde openinge op Tropo te werk nie.

Sodra jy dit bereik het, dan kan jy begin GROOT dink en van jou toerusting opgradeer. Dan sluit jy aan by Pieter Jacobs, V51PJ, en Kobus vd Merwe, ZS3JPY, en probeer om die Atlantiese Oseaan na Brasilië te oorbrug deur Tropo, waar baie gretige BHFers wag om ZS op 144 MHz te werk. Hierdie BHF projek sal groot vaardigheid en moeite verg en is tans moeiliker en uitdagender as EME, wat ná vele pogings oor die Atlantiese Oseaan nog nie vermag is nie. Daar is egter baie wat glo dat dit sal met tyd gebeur.

U luister na 'n nuusbulletin van die Suid-Afrikaanse Radioliga.

** Die Wizard-Blocks Toring BalloonSat. Willie Taljaard, ZS6WBT, gaan die besonderhede van die ontwikkeling van sy Wizard-Blocks BalloonSat, wat 'n eenvoudige ontwerp is om liggewig eksperimente in nabye ruimte te voer, bekend maak. Hierdie aanbieding is alles oor 'n wetenskap projek vir skole en ander studente oor hoe om 'n ballon satelliet bekend as die Wizard-Blocks toring te bou. Geniet die wetenskap, terwyl jy leer oor tegnologie, amateur radio, ingenieurswese beginsels en aarde wetenskap. Dit is een van die baie interessante aanbiedings by die AMSAT SA Ruimte simposium wat gehou sal word by die Innovation Hub in Pretoria op 28 Mei 2016. Kry die volledige program op www.amsatsa.org.za en bespreek vroeg om 'n afslag te kry. SARL en AMSAT SA lede geniet 'n laer registrasiefooi.

** Die George herhaler is terug op die lug. Lede van die Wes-Kaap Herhaler Werkgroep, bygestaan deur 'n paar PEARS lede het baie werk op die Kaapse Herhaler netwerk langs die kus tussen Port Elizabeth en Kaapstad gedoen en die George herhaler is weer uit die dood opgewek. 'n Artikel oor hierdie werk sal in die Mei 2016-uitgawe van Radio ZS verskyn.

** Die Port Elizabeth Amateur radio vereniging of PEARS bied kommunikasie vir baie sportbyeenkomste en dikwels in gebiede waar kommunikasie 'n probleem is. Die Herald bergfietswedren, wat vroeër vanjaar plaasgevind het, het BHF en UHF herhalers vereis om die bergagtige terrein dek. Dit is die volgende dag gevolg met die Herald padwedren - ook gedek deur PEARS. PEARS lede het die hele roete van die onlangse Iron Man kompetisie in Port Elizabeth gedek. Stasies is opgestel langs die roete op verskillende plekke en bedryf tydens die verskillende stadiums van die kompetisie. Dit het swem in die see, 'n 180 km fietswedren en 'n 42,2 km padwedloop behels. PEARS het nie net noodkommunikasie hanteer nie, maar ook die herleiding van operasionele inligting soos boete inligting, die bepaling van noodvoertuie en wedren leiers se posisies en so aan.

Gedurende die res van 2016, sal PEARS lede kommunikasie verskaf vir 'n aantal bergfiets wedrenne asook motor tydrenne in die Oos-Kaap.
** Die uitslae van die 2016 SARL 40 m Hamnet Kompetisie gehou op 6 Maart 2016 is beskikbaar gestel. Die kompetisie komitee het agt logs en twee kontrole logs ontvang vir die Hamnet 40 meter kompetisie.

Enkeloperateur Draagbare
1ste Al Akers, ZS2U 128 punte

Multi-operateur Draagbare
1ste Dave Higgs, ZS2DH, 576 punte

Enkeloperateur Basis
1ste Die Oosrand Tak, ZS6ERB 1 224 punte
2de Johan van Zjil, ZS4DZ, 980 punte
3de Theunis Potgieter, ZS2EC, 792 punte
4de Charly du Pont, ZS5DU, 660 punte
5de Bill Hodges, ZS2ABZ, 440 punte
6de Pam Momberg, ZS6APT, 232 punte

** Die Pretoria Amateur Radioklub gaan nog drie snuffelmarkte in 2016 aanbied. Die datums van die snuffelmarkte is 28 Mei, 27 Augustus en 5 November. Dagboek hierdie datums en maak seker dat jy nie hierdie aangename geleenthede misloop nie. Die snuffelmarkte sal op die gebruiklike plek by die Pretoria Ou Motorklub in Keuning straat, Silverton gehou word. Die aanvangstyd is 08:00 en almal is welkom. Vir enige navrae oor Die Pretoria Amateur Radioklub se snuffelmarkte, kontak asseblief vir Almero du Pisani, ZS6LDP, op 083 938 8955 of stuur 'n e-pos aan almero@up.ac.za

** Hannes Coetzee, ZS6BZP, berig dat die verwagte sonaktiwiteitsvlak laag gaan wees. Nuwe sonvlek AR2533 se magneetveld is stabiel met bykans geen kans vir ernstige sonfakkels nie. Diegene wat hulle eie frekwensievoorspellings wil doen, kan 'n verwagte effektiewe sonvlektelling van ongeveer 10 vir die week gebruik.

Amateurs kan goeie openinge op die 20 tot 15 m DX bande verwag. Die 10 m band mag dalk ook 'n paar verrassings oplewer. Besoek gerus die webtuiste spaceweather.sansa.org.za vir meer inligting.

Nou vir die dagboek van gebeure

24 April – die ZS4 Naelloop
25 April – die sluitingsdatum vir artikels vir die Mei Radio ZS
7 en 8 Mei – die AWA Buis QSO-geselligheid
8 Mei – die SARL Jeug Net
12 Mei – die Mei RAE
15 Mei – die ZS3 Naelloop
20 tot 22 Mei – die SARL Nasionale Konvensie
21 Mei - die SARL AJV in Sasolburg
28 Mei - die AMSAT SA Ruimte simposium en die Pretoria ARK Vlooimark

Om hierdie bulletin te beëindig, 'n herhaling van ons belangrikste item in die nuus vanoggend.

Die ZS4 Naelloop is vanmiddag op die lug tussen 14:00 en 15:00 UTC. Die foon en gelykgolf kompetisie is 'n prettige aktiwiteit om kontak tussen radioamateurs in die Vrystaat en radioamateurs in Suider-Afrikaanse lande te bevorder. Sien die 2016 Blouboek vir al die besonderhede.

** Die Suid-Afrikaanse Radioliga se nuusdiens nooi klubs en individue uit om nuusbrokkies van belang vir radio amateurs en kortgolf luisteraars in te dien. Plaas nuusberigte indien moontlik, in beide Engels en Afrikaans op die Suid-Afrikaanse Radioliga webtuiste onder die ‘news inbox’ skakel nie later as die Donderdag wat die bulletin datum voorafgaan nie.

Luister elke Sondagoggend om 10:00 sentraal Afrika tyd na "Amateur Radio Today". Daar is herleiding op 7 082 kHz laer syband, 7 205 en 17 660 kHz AM en verskeie herleidings op BHF en UHF frekwensies regoor Suid-Afrika. 'n Potgooi deur Dick, ZS6RO, is ook beskikbaar. 'n Heruitsending vind op Maandae om 18:30 sentraal Afrika tyd op 3 230 kHz plaas.

Ons ontvang graag jou sein rapporte, kommentaar en voorstelle, stuur 'n e-pos aan artoday@sarl.org.za. Sentech borg die uitsendings op die nie-amateur frekwensies.

Jy het geluister na 'n nuusuitsending van die Suid-Afrikaanse Radioliga, saamgestel deur Dennis Green, ZS4BS, geredigeer deur Vivian Dold, ZS6VD, en gelees deur .......................................................

73 en 88, dankie dat jy geluister het.

/EX


Copyright © 1997- 2006  South African Radio League
Last modified: 14 April 2003